|
New Life Motorcycle and Streetcar Ministeries |
Hiermee wil ons as New Life Ministry, Paarl Rock Tours opreg en hartlik bedank vir die wonderlike en professionele manier waarmee julle ons bedien en ook behulpsaam was met die reëlings van ons besoek aan die Karoo Mighty Men Konferensie te Middelburg, Kaap.
Dankie ook aan David Hartley oor vir sy vriendelike diens.
Ons wil ook graag vir Wilco Jacobs, ons busbestuurder, bedank vir sy vriendelikheid asook bedagsaamheid tydens die naweek. Wilco was vir ons soos ’n vriend en gedurende die naweek het ons hom begin beskou as ’n mede Mighty Men Boeta!
Sonder mense soos julle sal dit vir ons onmoontlik wees om hierdie tipe uitreike te doen..


|
|
Dawid en Estelle
Kry ‘n mens ‘n beter Busmaatskappy in SA? Ons kan amper nie so dink nie. ‘n Mens sal ver moet gaan soek vir die kwaliteit diens wat julle en julle werknemers lewer. Voorwaar iets om op trots te wees.
Baie dankie dat ons altyd met ‘n geruste hart ons kinders op Paarl Rock se Busse kan laai. Nie alleen doen julle als in julle vermoë om hulle veiligheid te verseker nie, maar julle versorg en ondersteun hulle soos julle eie. Baie baie dankie. Dra asseblief ons dank oor aan Aubrey vir sy uitstaande ondersteuning aan die Hugo Rust Span en sy bekwame bestuursvermoë. Ons waardeer hom.
Baie voorspoed en tonne besigheid vir die res van 2013.
Francois + Ilse |
|
Mnr Kellerman
Hiermee net weer ons opregte dank aan u maatskappy vir die dienste gelewer tydens ons onlangse SA –toernooi te Kroonstad.
Ons wil ook net dat u ons dank oordra aan die twee bestuurders, Aubrey en Johan, vir die professionele manier waarop hulle hul taak verrig het en die mooi manier hoe hulle met die kinders gewerk het.
Baie dankie
Nelius Rossouw
Voorsitter
Boland Junior Jukskei. |
|
Dawid & Estelle en die res van Paarl Rock Tours
Ek wil julle net bedank vir die pragtige skoon bus en lekker ruim, wat ons veilig na ons Visvang Trip geneem het al die pad Dwarskersbos toe. Sê ook aan Johan ons bus bestuurder - baie dankie die veilige rit.
Business Connexion sal wel weer gebruik maak van Paarl Rock Tours, en ek sal dit vir enige iemand aanraai. Julle diens is PUIK !!!
Daar was nou wel nie baie vis gevang nie – maar die kuier was het so goed en nodig saam met die kliente.
Sien julle volgende jaar weer !!!
Lekker dag en ‘n geseënde jaar vir julle.
Groetnis
Marlisa
|
|
Marlisa Goodway
|
|
|
Senior Secretary / Administrator
|
|
|
Data Centre Services: Sanlam
|
|
|
Dear Dawid
Many, many thanks for the wonderful way you and your team supported the Lucca Leadership team last week when we travelled to the Waterfront for our trip to Robben Island. Your driver (I think his name was Johan) was wonderful and we had a great time.
Thank you so much. We look forward to working with Paarl Rock Tours again in the future.
Regards
Alison Kelly
Lucca Leadership MD |
|
Hey Dawie, Estelle,
Wil net baie dankie se vir julle vriendelike diens, en dat julle bereid was om die personeel van Simonsvlei te vervoer vir ons jaareindfunksie.
Wil ook net graag dankie se aan julle behulpsame en vriendelike busdrywers, en dat hulle ons veilig by ons bestemmings gebring het.
Lekker dag vir julle verder!
Vriendelike groete
Mari & Anso
|
|
|
|
|
<< Start < Prev 1 2 3 4 5 6 7 8 Next > End >>
|
|
Page 1 of 8 |